Lekker rugby die naweek in Kampioenebeker, Uitdaagbeker

Die Suid-Afrikaanse spanne mik na nog ʼn sterk vertoning in die tweede ronde van die Kampioenebeker en die Uitdaagbeker, nadat hulle verlede week met vier oorwinnings uit vyf weggespring het. In die Kampioenebeker is die Stormers die gashere vir die verdedigende kampioene, La Rochelle, met die Bulle teen Lyon in Frankryk. In die Uitdaagbeker verwelkom die Cheetahs die Haaie in Bloemfontein, terwyl die Leeus die Newcastle Falcons in Johannesburg trakteer. Volgens skrumskakel Morné van den Berg bou die Leeus goeie momentum.