Mynmaatskappy vestig afval-bestuursfasiliteit in Oshikoto-streek
Dundee Precious Metals Tsumeb het meer as 15 miljoen dollar belê om die eerste algemene vullis-bestuursfasiliteit ooit in die Oshikoto-streek op die been te bring. Die doel van die fasiliteit is om vullis by die bron te skei en te sorteer, om afval in stortingsterreine te verminder. Timoteus Mufeti, Namibië se omgewingskommissaris, sê die fasiliteit stel ‘n nuwe standaard vir omgewingsbewuste afvalbestuurspraktyke, en hy hoop dat ander organisasies, veral binne die mynbedryf, hul voorbeeld sal volg.