Mynkonferensie ‘n reuse sukses

Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese beskryf hul virtuele konferensie as ‘n sukses en ‘n gebeurtenis waaroor daar nog jare gepraat sal word. Tydens die konferensie het die minister van myne en energie, Tom Alweendo, gesê alhoewel die mynboubedryf 50 persent van Namibië se uitvoere verteenwoordig, koop mynmaatskappye steeds goedere en dienste by buitelandse maatskappye aan, terwyl plaaslike maatskappye dit kon lewer. Malango sê aan Kosmos 94.1 Nuus die konferensie was goed bygewoon.