SA vat ook nie Afghaanse vlugtelinge nie

Terwyl die Namibiese regering reeds aangedui het dat geen Afghaanse vlugtelinge plaaslik ingeneem kan word nie, het die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkings ook nou gesê die land is nie in staat in vlugtelinge uit Afghanistan te huisves nie. Dit volg na voorstelle dat die land vlugtelinge wat in Pakistan ‘n heenkome gevind het, in die buurland akkommodeer. ‘n Departementele woordvoerder, Clayson Monyela, sê die versoek is dat hulle onderweg na hulle eindbestemming, tydelik in Suid-Afrika gehuisves word: