Myne en energie se kantore gesluit

As gevolg van Covid-19 het die Namibiese ministerie van mynwese en energie hul kantoor in Windhoek gesluit. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hul kantore vandag en môre gesluit sal wees.