Mynbou sal groei, konstruksie krimp verder – BoN

Die Bank van Namibië sê dat die mynbousektor in die land groei sal aandryf oor die volgende 18 maande met die meeste sektore onder sekondêre en tersiêre bedrywe wat na verwagting positiewe, maar lae groeikoerse sal toon. Volgens die bank sal die uraansektor vanjaar met 3,4 persent krimp, veral as gevolg van onderbrekings in watertoevoer maar, sal volgende jaar met 7 persent groei. Die konstruksiesektor sal na verwagting met 6,8 persent vanjaar en 2,2 persent volgende jaar inkrimp, dit na die bedryf negatiewe groei van 1-,2 persent in 2021 aangeteken het. Die gasvryheidsbedryf sal vanjaar met 6,5 persent groei.