Mynbou hou op 1 September virtuele konferensie

Die Kamer van Mynwese van Namibië sal op 1 September sy 2021 virtuele mynboukonferensie hou, alhoewel die mynbou-ekspo gekanselleer is. Die tema vir vanjaar se konferensie is : “The Namibian Mining Industry’s Resilience and Growth Post Covid-19”. Met die Covid-pandemie wat verwoesting in die Namibiese ekonomie gesaai het, het die mynbousektor voortgegaan om die Namibiese ekonomie te ondersteun. Gegewe die groeiende belangrikheid van hierdie sektor, sal die 2021 mynboukonferensie fokus op hoe mynbou geposisioneer is om steeds die ekonomie ná Covid-19 kan ondersteun. Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, praat met Kosmos 94.1 Nuus.