Myn treiter vakbonde, sê Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa het South Deep-myn se bestuur sewe dae tyd gegee om op sy eise te reageer. Die vakbond het ‘n optog gehou na die myn se kantoor in Westonaria, in die weste van Gauteng, en eis organisatoriese regte sodat hulle lede vryelik kan bedien en in die werkplek verdedig. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is moeg vir die mynbestuur se pogings om te keer dat hulle erken word en organisatoriese regte kry: