Mylpaal-wedstryd vir Springbok-stut Frans Malherbe

Rugby: Môre se wedstryd op Ellispark in Johannesburg gaan ‘n mylpaal-wedstryd wees vir die Springbok-stut, Frans Malherbe. Hy gaan sy 50ste toets vir die Bokke speel wanneer hulle die All Blacks in die Rugbykampioenskap pak. Afrigter Jacques Nienaber het vier veranderings gemaak aan die span wat verlede week se toets tussen die twee spanne gewen het. Malherbe het sy plek in die beginspan behou. Nienaber sê hy is ‘n waardevolle speler.