Myeni: polisie in Hawaii het geen rede tot skiet gehad nie

Die prokureur van die Suid-Afrikaanse man wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is, sê die lyfkamera-videos wat deur die owerhede in Honululu vrygestel is, bevat geen bewyse wat die skietvoorval regverdig nie. Luke Korkowski het aan die media gesê Myeni se dood is veroorsaak deur swak opgeleide en aggressiewe polisiebeamptes wat oorreageer het. Myeni en sy Amerikaanse vrou het twee jong kinders en het die afgelope jaar in Hawaii gewoon. Sy familie in Suid-Afrika het intussen met aanlyn fondsinsameling begin om sy oorskat na die buurland terug te bring.