Myasthenia Gravis-stigting plaaslik gevestig

Myasthenia Gravis is ‘n chroniese outo-immuun neuromuskulêre siekte wat swakheid in die skeletspiere veroorsaak. Corachia Ockhuizen, stigter van Myasthenia Gravis Stigting van Namibië, stel die organisasie op die 28ste Oktober in Windhoek aan die Namibiese publiek bekend. Die doel is om die publiek meer bewus te maak van wat die siekte is, sowel as om ondersteuning aan diegene wat ly, sowel as hul gesinne en pas gediagnoseerde pasiënte te bied. Sommige mense loop jare daarmee rond sonder om te weet wat met hulle aan die gang is. Die Stigting poog ook om ‘n veilige hawe te bied vir pasiënte om gehoor en verstaan te voel en om hul ervarings te deel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockhuizen gesels, wat deel hoekom die stigting belangrik is en hoe lede van die publiek betrokke kan raak.