My Vote Counts vra deursigtigheid met befondsing van politieke partye

My Vote Counts sê sedert 2014 het politieke partye jaarliks gesamentlik meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand in openbare befondsing ontvang. Die burgerregtegroep het sy tweede verslag bekend gestel wat kyk na die prosesse wat gevolg word vir die openbare befonsing van politieke partye. My Vote Counts se senior navorser, Joel Bregman, het gesê sedert die eerste verslag in 2020, is daar grondliggende veranderinge aangebring aan die wetgewing oor openbare fondse. Hy sê inligting oor hoeveel partye ontvang en hoe die geld bestee word, is nie maklik bekombaar nie.