My kind, wees enigiets wat jy wil, selfs ‘n kat

Jy kan wees net wat jy wil wees. Klink die stelling bekend? ‘n Skool in Melbourne aanvaar ‘n  stom 8 jarige se besluit om as ‘n kat te identifiseer. Die subkultuur bekend as ‘Furries’, is wanneer ‘n persoon homself as ‘n kat of hond identifiseer. Die skool voel dat as dit nie normale skool aktiwiteite ontwrig nie, is daar niks verkeerd daarmee om dit toe te laat nie. Hul  benadering tot geestesgesondheid en uitdagings is dat hulle altyd die uniekheid en welstand van ‘n student in ag sal neem. Vroeër vanjaar het ‘n skool in Michigan bewerings ontken dat hulle ‘n sandbak implementeer het vir die Furries.