Mwiya sê oor beste opsies vir sake-groei

Na aanleiding van haar aanmerkings oor wetgewing wat kleinsake se groei kelder, het Kosmos 94.1 Nuus uitgereik na die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid Charity Mwiya oor wat die oplossing is. Kenners meen dat die impak van Covid op die plaaslike ekonomie nog vir die volgende vyf jaar sal duur en ekonomiese stimulasie is uiters belangrik. Mwiya meen die beleidsomgewing moet dit makliker maak om sake te doen.