Mutorwa oorhanding instandhoudingskontrak, na 10 jaar
Die ministerie van werke en vervoer het uiteindelik, na amper tien jaar, amptelik sy instandhoudingsfunksies aan die streeksrade van die twee Kavango-streke oorhandig. Terwyl die ministerie reeds die funksies aan rade regoor die land in 2010 oorgedra het, was daar ‘n vertraging omdat die Kavango-streek destyds een streek was en is in 2013 in twee gedeel. Sedertdien, is die ooreenkomste nie afgehandel nie. Die ooreenkoms verskaf personeel van die ministerie aan die streeksraad wat dan toesig oor die personeel en hul dienste hou, sowel as werk wat gedoen moet word, identifiseer. Instandhouding by staatsinstellings regoor die land is bekend daarvoor dat dit swak vakmanskap het en dat dit uiters lank vat om voltooi te word, indien dit ooit begin word.