Musk staan Twitter se aansoek vir versnelde hofsaak, teen

Elon Musk se regspan het ‘n mosie ingedien om Twitter se versoek vir ‘n versnelde verhoor oor sy terugtrekking van sy aanbod om die maatskappy te koop, teen te staan. Luidens die dokumente moet Twitter se versoek, wat as onregverdig beskryf word, verwerp word. Twitter sê die saak moet in September begin omdat die  ooreenkoms op 25 Oktober tot ‘n einde kom. Musk wil nie meer die maatskappy koop nie omdat hy sê Twitter het valsrekenings weggesteek, maar Twitter het hom die week gedagvaar vir die oortreding van die ooreenkoms. Musk kan baie maklik wegstap van die ooreenkoms deur 1 miljard Amerikaanse dollar in boetes te betaal.