Musk skuld blykbaar miljoene vir huur van Twitter-gebou

Twitter se nuwe eienaar Elon Musk het in Desember opgehou om huur vir die hoofkantoor in San Francisco te betaal. Dié aantyging teen Musk word gemaak in ‘n regsgeding wat deur die verhuurder begin is. Die sosialemedia-maatskappy het versuim om die huur van sowat 57,74 miljoen Namibiese dollar vir Desember vir sy kantore by Marketstraat 1355 te betaal. Die huur vir Januarie is ook nie betaal het, het Sri Nine Market Square LLC, eienaar van die gebou, in ‘n regsgeding gesê wat by die federale hof in Kalifornië ingedien is. Sedert Musk by Twitter begin het, het die miljardêr uitgawes begin verminder en die helfte van die personeel afgedank.