Musk sê eksplorasie vir gas en olie is tans geregverdig

Die wêreld moet voortgaan om olie en gas te ontgin om die beskawing te onderhou, terwyl dit ook volhoubare energiebronne ontwikkel. Dit is die mening van Elon Musk, stigter van Tesla. In sy mening is dit realisties dat olie en gas op die korttermyn die eerste opsie moet wees terwyl hernubare bronne ontwikkel word. Hy voeg by dat bykomende eksplorasie vir die twee energiebronne op die oomblik geregverdig is. Volgens Musk is een van die grootste uitdagings wat die wêreld nog ooit in die gesig gestaar het, die oorgang na volhoubare energie en ’n volhoubare ekonomie – wat nog dekades sal neem.