Musk sê eers jammer oor twiet en toe, ‘Go f… yourself’
Die miljardêr Elon Musk het in ‘n vuurwarm onderhoud aan adverteerders wat van sy sosialemediaplatform X gevlug het oor anti-Semitiese inhoud gesê: Go f… yourself”. Sy opmerkings het gevolg op ‘n oomblik van berou tydens ‘n onderhoud in die New York Times DealBook-beraad. Musk het herhaaldelik gesê hy is jammer dat hy ‘n twiet op 15 November gepubliseer het wat saamgestem het met ‘n anti-Semitiese plasing. Hy sê hy het basiese ‘n gelaaide wapen aan beide teenstanders en anti-Semitiese mense oorhandig, en beskryf sy plasing as moontlik die domste wat hy ooit gemaak het.