Koedoe Eksteen onthou Kissinger so

Amerika se oudminister van Buitelandse Sake en nasionale veiligheidsraadgewer, Henry Kissinger, is op 100-jaar by sy huis in Connecticut dood. Hy het in president Richard Nixon en Gerald Ford se administrasies gedien en die regering verlaat nadat Jimmy Carter die 1976-verkiesing gewen het. Kissinger kry die eer vir geheime diplomasie wat Nixon gehelp het om kommunistiese China oop te maak vir Amerika en die Weste. Hy het ook die Nobelprys vir Vrede ontvang omdat hy gehelp het om militêre betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog te beëindig. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië onthou Kissinger so.