Musk se betaalooreenkoms nietig verklaar

‘n Regter in die Amerikaanse deelstaat Delaware het ‘n betaalooreenkoms van meer as ‘n triljoen Namibiese dollar wat in 2018 deur die elektriese motoronderneming Tesla aan Elon Musk toegeken is, nietig verklaar. Die regsgeding is deur ‘n aandeelhouer aanhangig gemaak wat aangevoer het dit is te veel om te betaal. Die regter het beslis die Tesla-raad se goedkeuring van die betaalpakket is uiters gebrekkig. Die betaalooreenkoms was die grootste ooit in korporatiewe geskiedenis, wat gehelp het om die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur een van die rykste mense in die wêreld te maak. Die uitspraak kan in die Hooggeregshof in Delaware geappelleer word.