Musk kuier by Netanyahu

Die tegnologie-entrepreneur Elon Musk ontmoet vandag die Israelse president Isaac Herzog en eerste minister Benjamin Netanyahu. Die volg nadat burgerregtegroepe hom beskuldig het dat hy haat teen Jode aanblaas op sy sosialemediaplatform, X voorheen bekend as Twitter. Musk het op die 15de van die maand saamgestem met ʼn inskrywing op X wat valslik beweer het Joodse mense stook haat teen wit mense. Volgens die Anti-Defamation League, het anti-Semitiese voorvalle in Amerika sedert die uitbreking van die konflik tussen Israel en Hamas met byna 400 persent toegeneem.