Musk bly in die sop oor Twitter

’n Koalisie van burgerregte-aktiviste het ’n beroep op Twitter se adverteerders gedoen hul advertensies van die sosiale media-platform te verwyder nadat Elon Musk die verbod op twiets deur die voormalige Amerikaanse president Donald Trump opgehef het. Sowat 90 persent van Twitter se inkomste kom uit die verkoop van digitale advertensies. Die groepe in die Stop Toxic Twitter-koalisie kla dat Musk aan adverteerders belowe het dat Twitter ‘n deurdagte benadering sal volg om verbode rekeninge te herstel en ‘n nuwe inhoudmodereringsraad sal byeenroep. Geen sodanige raad is geskep nie. Suzanna Streeter van die Britse finansiële dienste maatskappy Hargreaves Lansdown, het haar mening in die verband so verwoord.