Murdaugh-klagtes brei verder uit, saak al hoe vreemder

Alex Murdaugh, die bekende en vooraanstaande prokureur van Suid-Carolina in die VSA is weer borg geweier. ‘n Regter in die deelstaat het ook beslis dat Murdaugh vir psigiatriese evaluasie moet gaan. Murdaugh se lewe het uitmekaar geval nadat sy vrou Maggie en seun Paul dood aangetref is op sy landgoed. Die jongste klag spruit uit die trust van sy oorlede huishoudster Gloria Satterfield wat dood is na sy in sy huis geval het. Yanna Smith het die besonderhede.