Munster oefen hard vir Bulle-wedstryd

Munster se hulpafrigter, Graham Rowntree, sê hulle verwag hierdie maand fisiese kragmetings teen die Bulle en die Leeus. Hulle takel die Bulle volgende Saterdag op Loftus Versfeld en die Leeus die 19de op Ellispark. Rowntree sê die fisiese grootte van die Leeus en Bulle se onderskeie pakke voorspelers is iets waaraan hulle nie gewoond is nie. Intussen sê Josh Wycherley Rowntree het baie bygedra om hulle voor te berei vir albei spanne se fisiese spel.