Verkiesingswet in SA is steeds verkeerd

Die vereniging vir onafhanklike kandidate in Suid-Afrika sê die voorgestelde wetsontwerp op verkiesingshervorming wat die regering voorgelê het, is vol foute en ignoreer moontlik die Konstitusionele Hof se riglyne oor verkiesingshervorming. Die Konstitusionale Hof het in Junie 2020 beslis die land se huidige kiesstelsel is ongrondwetlik en het die parlement twee jaar tyd gegee om dit reg te stel. ‘n Woordvoerder van die vereniging, Michael Louis, sê daar is minstens twee probleme met die wetsontwerp: