Munisipaliteite skuld Eskom meer as R63 miljard
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê plaaslike owerhede in die land skuld Eskom 63,2 miljard Suid-Afrikaanse rand. Net die top 20 skuldenaars alleen is 48,9 miljard rand agterstallig. Die skuldstyging vanjaar tot op datum staan op 4,7 miljard rand. ‘n Totaal van 44 munisipaliteite is deur Eskom en die regering uitgewys wat swak kragverspreidingsvermoëns het. Ramokgopa sê 27 aktiewe terugbetalingsplanne is in plek gestel en teen laat verlede maand het elf munisipaliteite die ooreenkoms nagekom en ses het dit deels gedoen: