Munisipaliteit kap bome af waar reiers nesskop

‘n Uil-reddingsorganisasie in Noordwes moes inspring en meer as 50 reiers in die Oos-Kaap red nadat ‘n munisipaliteit die bome waarin hulle nes gemaak het, afgekap het. Die stigter van die Uil-reddingsentrum, Brendan Murray, sê hulle het na Cradock gevlieg om die voëls te red wat in die moeilikheid was. Die reiers is padlangs na die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Gauteng vervoer. Murray sê hy is nie seker waarom die munisipaliteit die bome afgekap het nie, en dat plaaslike vrywilligers probeer het om die voëls te red wat nog lewe: