Munger, Buffet se regterhand, sterf op 99

Die finansiële wêreld rou oor die verlies van ‘n visioenêr, miljardêr en ondervoorsitter van Berkshire Hathaway. Charlie Munger het op 99-jarige ouderdom in ʼn hospitaal in Kalifornië gesterf. Hy was die sake-magnaat Warren Buffett se regterhand en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die uitbou van die sukses van Berkshire Hathaway. Buffett prys Munger vir sy inspirasie, wysheid en volharding in die sakewêreld. Munger het in 1978 die ondervoorsitter geword en deurslaggewende beleggingsbesluite beïnvloed. Forbes beraam sy persoonlike fortuin op sowat 48 miljard Namibiese dollar.