Muis gebruik skuur vir netjiese stoorplek

ʼn Knaagdier genaamd “Welsh Tidy Mouse” het sedert vroeg in Oktober elke aand by die 75-jarige Rodney Holbrook se skuur in Powys in Wallis ingesluip. Holbrook het agtergekom iemand bêre snags dinge in sy skuur. Hy het opgemerk iets is aan die gang toe die neute wat hy vir voëls in ʼn boksie hou, verdwyn terwyl ander goed daarin gesit word. Holbrook het ʼn kamera opgestel en video’s gekry van die muis wat opruim. “Welsh Tidy Mouse” woon nou wel nie permanent daar nie, maar hy is elke aand terug en word voorlopig met rus gelaat.