Mudge bevraagteken Covid-19-pandemie

Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge se perskonferensie vanoggend is gehou oor wat hy beskryf as die inmenging van die Wêreldgesondheidsorganisasie in die sake van soewereine lande. Mudge vorm deel van die Health Defence League se hofsaak teen die Namibiese regering oor die afdwing van inentings en regulasies tydens die Covid-19 pandemie en die voorskrifte wat aan die land deur die WGO gestel is. Mudge het die hele pandemie bevraagteken.

Hy sê die pandemie is beplan deur wêreldmagte en vra of die Swapo-regering vrywilliglik saam gemaak het?