MTN wil Telkom koop?

MTN wil volgens berigte uit die buurland vir Telkom oorkoop. Die selfoonreus het glo onlangs ‘n oorname-ooreenkoms aan Telkom voorgestel, maar die telekommunikasie-onderneming het nie belang gestel nie. Die regering is ‘n 39 persent aandeelhouer in Telkom. Media in Suid-Afrika haal binnebronne aan wat sê dit is onseker of MTN die saak gaan voortsit. Hy sê MTN het kontantvloei danksy sy veeljarige program waarin hy van sy bates ontslae raak, en wil sy kernbedryf uitbrei. Die verskaffer is die grootste in Afrika en het sowat 272 miljoen intekenare.