MTC vra dat 5G-moratorium gelig word

MTC het ‘n beroep op die regering gedoen om die moratorium wat op 5G-tegnologie in die land geplaas is, op te hef. Volgens Tim Ekandjo van die maatskappy geniet byna elke land in Afrika die tegnologie se voordele. Hy betreur die feit dat Namibië in die verlede eerste was om sulke tegnologië uit te rol maar nou die laaste word as gevolg van samesweringsteorieë wat in die eerste plek nooit sin gemaak het nie. In sy mening kan die Vierde Industriële Revolusie nie sonder 5G plaasvind nie. Die tegnologie kombineer groter data-oordragspoed en verhoogde verwerkingskrag. In 2020 het die kabinet die omgewingsminister opdrag gegee om ‘n strategiese omgewingsbeoordeling van die bekendstelling van 5G-tegnologie in die land uit te voer. Die regering het ook die Kommunikasieregulerende Owerheid gevra om die ontwikkeling van ‘n 5G-strategie vir Namibië te versnel, wat aan die kabinet voorgelê sal word vir oorweging.