MPLA verklaar oorwinning, Unita verwerp uitslae

Die MPLA-party wat Angola byna 50 jaar aaneenlopend regeer, het oorwinning verklaar in die onlangse verkiesing met 51 persent van die stemme wat hy op hom verenig het. Minder as die helfte van Angola se geregistreerde kiesers het vir Woensdag se verkiesing opgedaag. Unita het 44,5 persent van die stemme tot dusver op hom verenig maar daar is ongerymdhede met die verkiesingskommissie se syfers. Unita se leier Costa Junior, het die media toegespreek en sê hulle verwerp die uitslae veral as gevolg van die ongerymdhede. Volgens die verkiesingskommissie se jongste syfers sou daar 103 persent se stemme wees.