Bokke verloor 25-17 in Adelaide

Die Springbokke het 25-17 teen die Wallabies verloor in die eerste kragmeting van die Castle Rugbykampioenskap op Adelaide. Die rustyd telling was 10-3 vir Australië. Suid-Afrika se rekord in Australië is verbasend swak, en hulle kon sedert 2013 nie een oorwinning in die land behaal nie. Die span speel weer volgende week Saterdag teen die Wallabies.