Mpho sê hof se beslissing is oorwinning vir hele Johannesburg

Johannesburg se burgemeester, Mpho Phalatse, sê die Hooggeregshof in Johannesburg se beslissing wat haar verwydering ongeldig verklaar het, is ‘n oorwinning vir die stad en sy inwoners. Die hof het bevind die stadsraad se spesiale sitting waartydens Phalatse uitgeskop is, was onwettig. Phalatse sê die uitspraak moet as ‘n waarskuwing dien vir politici regoor die land, wat bereid is om enigiets te doen, selfs die reg te ondermyn, om mag te gryp sodat hulle toegang tot hulpbronne kan kry, in plaas daarvan om die werk te doen waarvoor hulle verkies is: