Moyane het geweet hy is SARS se voorkeurkandidaat

Die voormalige baas van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Tom Moyane, het aan die staatskapingskommissie gesê voormalige president Jacob Zuma het hom ‘n jaar voor sy aanstelling reeds gesê dat hy die voorkeur-kandidaat is. Moyane het getuienis oor SARS voor die kommissie gelewer. Hy het ook aan die kommissie gesê dat sy ontslag in 2018 ‘n goed beplande poging was. Hy sê na sy gesprek met die voormalige staatshoof, het hy begin om homself voor te berei.