Mosiehof: Skuld op eiendomslenings van N$23 miljoen  

Kommersiële banke het 66 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Kobus Miller en Claudia Claasen het altesaam 119 aansoeke hanteer. Daar was 18 reël 108- aansoeke op die rol. Daar is 27 eiendomslenings ter waarde van 23,847 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 31 lenings waarop 11,02 miljoen dollar geskuld word. Agt voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Marlene Tommasi  18 onverdedigde egskeidings hanteer.