Boere kan nie nog prysstygings hanteer

Die Namibiese Landbou-unie sê boere kan nie nog prysstygings tydens die dreigende droogte hanteer nie. Dit volg na Nampower se aansoek by die Elekritisiteits-beheerraad vir ’n verhoging van 16,87 persent vir grootmaat-kragtariewe. Dit is meer as dubbeld die huidige inflasiekoers. Die NLU het namens sy lede ernstig beswaar gemaak teen die buitensporige verhoging en hoop dat die stand van die land se ekonomie in ag geneem en sal word. Die raad moet dit nou oorweeg en ’n tarief vir Nampower teen 30 April goedkeur. Danie van Vuuren, administratiewe bestuurder van NLU het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…