Mosiehof: eise beloop N$165,7m

Drie regters het vanoggend die mosiehof-sessies hanteer. Regters Eileen Rakow en Essie Schimming-Chase het saam met die adjunkregter president Hosea Angula het 68 aansoeke aangehoor waarvan 30 deur kommersiële bank gebring is. Twee voertuie is opgeëis en 16 onbetaalde eiendomme, met uitstaande skuld van net minder as 27 miljoen Namibiese dollar, is teruggevra. Twaalf lenings ter waarde van net meer as 138 miljoen dollar is ook betaalbaar. Die bedrag is hoog as gevolg van net meer as 136 miljoen dollar wat van Cape Orchard geëis word. Dave Bruni het die week ‘n aansoek in die hoërhof gebring dat die maatskappy gelikwideer word en dit is verdedig. Regter Collins Parker sal Maandag 31 onverdedigde egskeidings hanteer.