Mosiehof: Banke soek N$38m in 36 lenings

Regters Thomas Masuku en Boas Usiku het vanoggend 75 aansoeke om verstekvonnisse, waaronder sewe reël 108 aansoeke, hanteer. ‘n Totaal van 36 is deur kommersiële banke gebring. In die verband eis hulle net minder as 34 miljoen Namibiese dollar vir 22 eiedomslenings wat agterstallig is, sowel as 13 lenings ter waarde van 3,97 miljoen dollar. Een voertuig moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie, sal regter Shafimana Ueitele 43 onverdedigde egskeidings aanhoor.