Mosie van wantroue teen Jozi-burgemeester ingestel

Action SA het ‘n mosie van wantroue teen Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, ingedien oor sy onwilligheid om sy naam skoon te kry oor die bedrog-bewerings teen hom. Daar word beweer Gwamanda was deur sy instelling, iThemba Lama Afrika, betrokke by ‘n bedrieglike begrafnisbelegging-skema wat inwoners mislei het om te belê, terwyl eise nie uitbetaal is nie. ActionSA se voorsitter in Gauteng, Funzi Ngobeni, sê die burgemeester kan nie voortgaan om toesig te hou oor die stad terwyl daar sulke ernstige aantygings teen hom is nie.