New York het erge lugbesoedeling weens brande in Quebec

Die burgemeester van New York Eric Adams het inwoners aangeraai om buitenshuise aktiwiteite te beperk weens die hoë graad van lugbesoedeling wat sedert Dinsdag voorkom. Die besoedeling is weens die groot veldbrande in Quebec in Kanada. Die stad is gehul in rook en nog rook sal na verwagting tot Vrydag toe oor die noordoostelike streke van Amerika beweeg. New York was vir ‘n paar uur die mees besoedelde stad in die wêreld. Waarskuwings oor lugkwaliteit is in 17 state, hoofsaaklik in die noordooste en midwestelike deel van die VSA, uitgereik.