Mosie van wantroue teen Jhb-speaker

ActionSA in Johannesburg het bevestig hy gaan ‘n mosie van wantroue indien teen die speaker van die raad, Colleen Makhubele. Die party-koukus se adjunkhoofsweep, Zark Lebatlang, sê die besluit volg ná die Hooggeregshof-uitspraak wat die verwydering van die burgemeester, Mpho Phalatse, as onwettig bestempel het. Lebatlang sê Makhubele het die verwyderings-verrigtinge behartig. Hy sê die party voer tans gesprekke met ander politieke partye om te verseker die mosie word deurgevoer: