Mosambiekse renosterstroper 18 jaar tronk toe

Die Skukuza-streekhof in Mpumalanga het ‘n Mosambiekse burger, Santos Baloyi, tot 18 jaar tronkstraf gevonnis in verband met renosterstropery in die Kruger-wildtuin. Hy het skuld beken op aanklagte dat hy ‘n renoster geskiet het, die besit van ‘n vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is en die besit van ammunisie. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê Boloyi is in September verlede jaar met twee vars renosterhorings in sy besit in die Kruger-wildtuin betrap.