Mosambiek sal gas gebruik om soewereine fonds te stig

Die parlement van Mosambiek het planne goedgekeur vir die stigting van ‘n soewereine welvaartfonds, die Mozambique Sovereign Fund, met inkomste uit gasuitvoere. Die stap, aangedryf deur die inkomste uit natuurlike gas, het aanleiding gegee tot ‘n warm debat oor deursigtigheid en bestuur. Die fonds sal na verwagting ‘n aansienlike opbrengs toon, hoofsaaklik uit vloeibare, natuurlike gas en toekomstige olie- en gasprojekte. Dit is daarop gemik om die volhoubare bestuur van die land se natuurlike bronne te verseker.