Polisie-slenter blyk om terug te wees

Die slenter waar iemand hom voordoen as polisiebeampte en onmiddellike betaling van tussen 4 000 en 5 000 Namibiese dollar blyk om terug te wees. Bedrieërs gebruik die name van bekende beamptes, veral in die verkeersafdeling. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie het weer ‘n waarskuwing aan die publiek gerig om nie vir die slenter te val nie.