Morrison reis terwyl Australiërs ingeperk is

Australië se eerste minister, Scott Morrison, word toenemend gekritiseer nadat hy van Sydney na Canberra gereis het om Vadersdag saam met sy familie deur te bring. Meer as die helfte van Australiërs is aan streng inperkingsmaatreëls onderworpe met die Delta-variant van Covid-19 wat in Sydney, Canberra en Melbourne uitgebreek het. Morrison sê gesondheidsowerhede het toestemming vir sy reis op ‘n privaat vliegtuig gegee vanweë sy unieke rol as ‘n noodsaaklike werker. ‘n Parlementslid van die Arbeidersparty, Bill Shorten, sê inperkingsmaatreëls moet vir almal, insluitend die eerste minister, geld: