Morné sal nog effe vertoef by Bokke

Die wedstyd-beklinker Morné Steyn sal langer in die Springbok-kamp vertoef nadat hy by die 43-tal ingesluit is vir die komende Kampioenskap. Die 37-jarige losskakel van die Bulle het Saterdag in die derde toets in Kaapstad die strafdoel behaal wat die reeks teen die Britse en Ierse Leeus vir Suid-Afrika beklink het. Steyn sê enige speler droom van ‘n kans om die wedstryd en die reeks te verander, en Saterdag het alles net eenvoudig goed uitgewerk tydens sy 67ste toets: