Moratorium op hout-uitvoere in die DRK

Die omgewingsminister van die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n moratorium geplaas op alle hout-uitvoere in ‘n poging om druk op die land se woude te verlig. Die DRK het die wêreld se tweede grootste reënwoud maar, ontwouding het in die afgelope tien jaar verdubbel. Die aankondiging deur die minister, Eve Bazaiba is verwelkom omdat die president Felix Tshisekedi onlangs ‘n oudit van alle kontrakte vir ontginning aangevra het. Die reënwoud, waarvan 60 persent in die DRK voorkom, absorbeer 4 persent van die wêreld se koolsuur.